Afkortings
dies – dieselfde
dsl – dubbelslagsteek
gs – glipsteek
hlb – halwelangbeen
kb – kortbeen
ks – kettingsteek
lb – langbeen
st(e) – steek (steke)
vlg – volgende
Benodigdhede
5 kleure wol en 3,5m hekelpen
of
5 kleure 4-draad katoenbreidraad en 3mm hekelpen
PAISLEY-MOTIEF 1
1ste kleur
Sirkel 1
1 Maak 6 ks-ring.
2 3 ks (= 1ste lb), 23 lb in ring, heg met gs in 3de ks.
Sirkel 2
1 Maak 6 ks-ring.
2 2 ks (= 1ste hlb), 7 hlb in ring, heg met gs in gs-afhegting van sirkel 1, 8 hlb in ring, gs in 2de ks, heg af.
Sirkel 3
1 Maak 6 ks-ring.
2 2 ks, 5 kb in ring, heg met gs in gs-afhegting van sirkel 2, 6 kb in ring, gs in 2de ks, heg af.
(Die 3 sirkels kan ook in 3 verskillende kleure gemaak word, soos op die voorbeeld hieronder)
Vorm nou die paisley rondom die sirkelstring soos volg:
2de kleur
Heg draad in afhegting van sirkel 3.
1 3 ks (= 1 lb) 3 ks, 1 lb in dies sp, 3 ks, 1 kb in 3de kb van sirkel, 3 ks, 1 lb in 2de sirkel in 2de hlb na vashegting van sirkel 2, 3 ks, 1 lb in 4de hlb, 3 ks, 1 lb in sirkel 1 in 3de lb vanaf vashegting van sirkel 2, (3 ks, 1 lb in 3de lb) 7 keer, 3 ks, 1 lb in sirkel 2 in 3de hlb vanaf vashegting van sirkel 1, 3 ks, 1 lb in 4de ks, 3 ks, 1 lb in 4de kb van sirkel 3 vanaf vashegting, 3 ks, gs in 3de lus van 3 ks-spasie, 6 ks, gs in 1ste lb van vorige ry, gs in 3ks spasie.
2 2 ks, 3 kb in 3ks spasie, 4 kb in elke 3ks-spasie tot by 6ks-spasie, 3 kb, 3 ks, 3 kb, in dieselfde spasie, gs in 2de ks van begin van ry, heg af.
3de en 4de kleure
1 Heg Kleur 3 in 3 ks-spasie op punt van motief (punt van paisley/pvp), 3 ks, 1 kb in 2de ks na pen,1 kb in vlg 2 ks (nuwe pvp), 1 kb in elke kb van vorige ry tot terug by pvp, 1 kb in regtersy van elk van 1ste 3 ks van pvp , gs in heel eerste kb.
2 3ks (pvp-ketting), 1 kb in 2de en 3de ks vanaf pen in linkersy van pvp-ketting, 3 kb in vlg 3 ste, slaan 1 st oor, 1 ks in vlg st.
Neem Kleur 4 en trek lus deur st op pen, (moenie kleur 3 afknip nie),1 kb in vlg 2 ste bo-oor draad van kleur 3 (werk hierna deurgaans bo-oor die “passiewe” draad),
Kleur 3: 1 kb in vlg 2 ste,
Kleur 4: 1 hlb in vlg 2 ste, Kleur 3: 1 hlb in vlg 2 ste ,
(Kleur 4: 1 lb in vlg 2 ste, Kleur 3: 1 lb in vlg 2 ste) 4 keer,
(Kleur 4: 1 lb in dies st as laaste lb van Kleur 3, 1 lb in die vlg st, Kleur 3: 1 lb in dies st as laaste lb van Kleur 3, 1 lb in die vlg st) 3 keer,
Kleur 4: 1 lb in vlg 2 ste, Kleur 3: 1 lb in vlg 2 ste,
(Kleur 4: 1 lb in dies st as laaste lk van Kleur 3, 1 lb in die vlg st, Kleur 3: 1 lb in dies st as laaste st van Kleur 4, 1 lb in die vlg st) 3 keer,
Kleur 4: 1 lb in vlg 2 ste, Kleur 3: 1 lb in vlg 2 ste,
(Kleur 4: 1 lb in dies st as laaste lb van Kleur 3, 1 lb in die vlg st, Kleur 3: 1 lb in dies st, 1 lb in die vlg st) 3 keer,
Kleur 4: 1 lb in vlg 2 ste,
Kleur 3: 1 lb in dies st as laaste st van Kleur 4, 1 lb in die vlg st,
Kleur 4: 1 lb in dies st as laaste lb van Kleur 3, 1 lb in die vlg st, Kleur 3: 1 lb in dies st, 1 lb in die vlg st
Kleur 4: 1 hlb in die vlg 2 ste,
Kleur 3: 1 hlb in die vlg 2 ste,
Kleur 4: 1 kb in vlg 2 ste,
Kleur 3: 1 kb in vlg 6 ste,1 kb in die vlg 3 ste in die regtersy van die pvp-ketting, gs in die 1ste kb van die begin.
Knip kleur 4 af.
3 Gaan voort met kleur 3 soos volg:
3 ks (pvp-ketting), 1 kb in 2de st vanaf pen in linkersy van pvp-ketting, slaan 1 st oor, 1 kb in vlg 3 ste, slaan 1 st oor, 1 kb in die vlg 24 ste, 2 kb in vlg st, (1 kb in vlg 2 ste, 2 kb in vlg st) 2 keer, 1 kb in die vlg 10 ste, 2 kb in die vlg st, (1 kb in vlg 2 ste, 2 kb in vlg steek) 2 keer, 1 kb in die vlg 22 ste, 2 kb in die vlg st, 1 kb in die vlg 2 ste, 2 kb in die vlg st, 1 kb in die vlg 23 ste, 1 kb in elk van die 2 ste in die regtersy van die pvp-ketting, gs in die punt, heg af.
5de kleur
Heg draad vas in pvp, 2 ks, 1 kb in die vlg 2 ste, slaan 1 st oor, 1 kb in vlg st, slaan 1 st oor, 1 kb in die vlg 3 ste, slaan 1 st oor, 1 kb in die vlg st, (picot [3 ks, 1 gs in 1ste ks], 1 kb in die vlg 4 ste) 30 keer, 1 kb in elke st tot by die punt, gs in 1ste 2 ks-spasie, heg af.
PAISLEY-MOTIEF 2
1ste kleur
1 Maak 6 ks-ring met 1ste kleur.
2 3 ks (= 1ste lb), 15 lb in ring, gs in 3de ks, heg af.
2de kleur
1 Heg draad aan afhegting.
2 2 ks (= 1 kb), 1 kb in dies spasie, 2 kb in die vlg lb 15 keer, gs in 2de ks van begin.
3 3 ks (= 1 lb),(2 ks, 1 5dsl-poffer, 2 ks, slaan 1 st oor, 2 ks, slaan 1 st oor, 1 lb in vlg st, slaan 1 st oor) 8x, 2ks, glst in 1ste poffer, heg af.
3de kleur
1 Heg draad aan afhegting, gs in 2ks-spasie, 2 ks (= 1 kb), 2 kb in dies spasie, 3 kb in elke 2ks-spasie, gs in 2de ks van begin van ry, 9 ks vir begin van pvp.
2 Werk in linkersy van pvp-ketting soos volg: 1 kb in 2de ks vanaf pen, 1 kb in die vlg ks, 1 hlb in die vlg 2 ks, 1 lb in die vlg ks, slaan 1 ks oor, 1 lb in vlg 2 ks, 1 dsl in 1ste kb van vorige ry, maar moenie laaste lus deurtrek nie, hou op pen, 1 lb in vlg ks, moenie laaste lus deurtrek nie, hou op pen, 1 hlb in vlg ks, 1 kb in vlg ks en trek lus deur al die ste, (1 kb in vlg 3 kb, 2 kb in 1 kb) 9 keer, 4 kb in vlg 4 ste, 1 hlb in vlg st, 1 lb in vlg st, 1 dsl in vlg st, 1 lb in 1ste 2 ks aan regtersy van pvp-ketting, 2 lb in 3de ks, 3 hlb in vlg 3 ks, 1 kb in vlg 2 ks, gs in 1ste st van ry, heg af.
1ste kleur
Heg draad aan afhegting, 3 ks (pvp-ketting), 1 kb in 2de en 3de ks aan linkersy van pvp-ketting, 1 kb vlg 6 ste, slaan 1 st oor, 1 kb in vlg 3 ste,(1 kb in vlg kb van 1ste ry van 3de kleur, 1 kb in elk van vlg 3 ste) 13 keer, 1 kb in elke st tot voor pvp-ketting, 1 kb in elke st van regtersy van pvp-ketting, gs in laaste st van ketting, heg af.
4de kleur
Heg draad aan afhegting, 3 ks (pvp-ketting) , 1 kb in 2de en 3de ks aan linkersy van pvp-ketting, 1 kb in vlg 8 ste, slaan 2 st in binnehoek oor, 1 kb in vlg 4 ste, 1 hlb in vlg st, (1 5dsl-poffer, 2 ks, slaan 1 st oor, 1 lb in vlg st, 2 ks, slaan 1 st oor) 12 keer, 1 5dsl-poffer, slaan 1 st oor, 1 hlb, 1 kb in elke st tot by begin van pvp-ketting, 1 kb in elk van ste aan regtersy van pvp-ketting, gs in laaste st, heg af.
2de kleur
Heg draad aan afhegting, 3 ks (pvp-ketting) , 1 kb in 2de en 3de ks aan linkersy van pvp-ketting, 1 kb in vlg 10 ste, slaan 1 st in hoek oor, 1 kb in vlg 5 ste, 3 kb in elke 2ks-spasie, 1 kb in elke st tot by begin van pvp-ketting, 1 kb in elk van ste aan regtersy van pvp-ketting, gs in laaste st, heg af.
5de kleur
Heg draad aan afhegting, 3 ks(pvp-ketting), 1 kb in 2de en 3de ks aan linkersy van pvp-ketting, (1 kb in vlg st, slaan 1 st oor) 3 keer, 1 kb, slaan 2 ste in hoek oor, (1 kb in elk van vlg 4 ste, 1 picot) 20 keer, 1 kb in elke st tot by pvp-ketting, 1 kb in elke st aan regtersy van pvp-ketting, gls in laaste st, heg af.
PAISLEY-MOTIEF 3 (DRIEHOEK)
1ste kleur
1 Maak 6 ks-ring met 1ste kleur.
2 2 ks, (1 5dsl-poffer, 3 ks) 3 keer, gs in 1ste poffer, heg af.
2de kleur
1 Heg draad aan afhegting, 2 ks, 1 kb in dies st, (5 ks in 3ks-spasie, 1 kb in poffer) 2 keer, 5 st in 3ks-spasie, gs in 2de ks van begin.
2 2 ks, (1 kb in vlg 5 ste, 2 kb in vlg st) 2 keer, 1 kb in vlg 5 ste, gs in 2de ks, heg af.
3de kleur
Heg draad aan afhegting, 3 ks, 1 kb in dies st, (1 kb in vlg 6 ste, 1 kb, 3 ks, 1 kb in vlg st) 2 keer, 6 kb in laaste 6 ste, gs in 1ste ks van begin, heg af.
4de kleur
3 lb-blaartjie: (1 lb, moenie
laaste lus van lb deurtrek nie, maar hou op pen) 2 keer,
1 lb, trek laaste lus van die lb deur al 3 ste op pen.
Heg draad in 3 ks-spasie, 3 ks (= 1 lb), 1 2lb-blaartjie in dieselfde st, 3 ks, 1 3lb-blaartjie in dies st, 3 ks, slaan 2 ste oor, (1 3lb-blaartjie in vlg st, 3 ks) 2 keer, 1 3lb-blaartjie in 3 ks-spasie, 3 ks, 1 3lb-blaartjie in dies spasie, 3 ks, slaan 2 ste oor, (1 3lb-blaartjie in vlg st, 3 ks, slaan 2 ste oor) 2 keer, 3 ks, 1 3lb-blaartjie in 3 ks-spasie, 3 ks, 1 3lb blaartjie in dies spasie, 3 ks, slaan 2 st oor,(1 3lb-blaartjie in vlg st, 3 ks, slaan 2 ste oor) 2 keer, gs in 2de ks van 1ste blaartjie, heg af.
5de kleur
Heg draad in 3 ks-spasie, 2 ks, 1 picot, 1 kb in dies spasie, *1 kb in vlg st, 3 kb in 3ks-spasie, 1 kb in vlg st, 1 picot, 3 kb in 3ks-spasie, 1 kb in vl st, 1 picot, 3 kb in 3ks-spasie, 1 kb in vlg st, 1 kb in 3 ks-spasie* herhaal van * tot* nog 2 keer, gs in 1ste ks van begin van ry, heg af.
DIE KUSSINGSLOOP
45 cm stewige effekleurige materiaal vir kussingsloop
30 cm bypassende ritssluiter
bypassende masjiengaring
poliëstervulsel om kussing mee te vul
45 cm ongebleikte linne vir voering
Mate van sloop: 35 cm hoog en 55 cm wyd
1 Sny 1 vol hart vir die voorkant en 2 halwe harte vir die agterkant van die sloopmateriaal.
2 Sny 2 vol harte van ongebleikte linne vir die kussing.
3 Knip die hartpatroon vir die voorkant van die kussingsloop sowel as die agterkant uit die effekleurige materiaal sowel as uit die ongebleikte linne.
4 Plaas die gehekelde motiewe volgens die patroon bo-op die voorkant van die kussingsloop en werk elke motief met die katoenhekelgaring al om die picotrandjies vas.
5 Borduur rygsteekkrulle met Franse knopies op die krulpunte rondom die paisleyvorms met die katoenhekelgaring.
6 Werk die ritssluiter in die 2 halwes van die agterkant van die kussingsloop in. Hou die ritssluiter half oop.
7 Plaas die twee kante op mekaar en werk vas met ‘n 1 cm naattoelating reg rondom.
8 Maak knippies met ‘n skerp skêr in die konkawe ronding van die naattoelating tussen die twee konvekse rondings van die hart.
9 Dop die kussingsloop na die regte kant en pars liggies.
10 Plaas die twee dele van die ongebleikte linneharte op mekaar en werk vas met ‘n 1 cm naattoelating reg rondom. Onthou om ‘n opening te laat waardeur dit omgedop en gevul kan word.
11 Dop na die regte kant toe om en pars liggies.
12 Vul met die poliëstervulsel en werk die opening met die hand toe.
13 Druk die kussing in die sloop en rits toe. |
Pragtig mamma! Ek sal dit definitief eendag maak! :)
AntwoordVee uitHi het jy asseblief vir my die kinder truijie se patroon dis baie pragtig, daar is nou vriendinne van my wat wil he ek moet die truijie vir hul moet brei.. Ek sal dit baie waardeer jy kan dit vir my inbox
AntwoordVee uitBaie Dankie
Liefie