Donderdag 04 Julie 2013

Wolke en Wolblomtuine

Buite waai die Kaapse wind die wolke dig oor Hermanus, maar hier binne is dit knus, die verwarmer en bokhaarkombers my verweer teen die koue se knyp. Perfekte weer vir wol en penne!
Nadat my briefie in Junie se IDEES se "Jul Idees" gepubliseer is, het ek tot dusver nie minder as sewe bestellings gekry nie! Dankie IDEES!




Nou sit ek met 'n mandjie vol kleurvolle wolle van allerlei teksture en geniet elke skeppende oomblik. 'n Lekker warm beker rooibostee hou die innerlike binneste warm. En die een idee gee geboorte aan die volgende een!

Ek het reeds drie van die bestellings se buitekante voltooi en moet binnekort my Bernina aantree om die voerings te maak. 





Nommer vier se voorkant is klaar en ek verlustig my daarin - sulke lekker kleure, 'n heerlike blomtuin! Nou werk ek aan die agterkant - Afgaanse hekelwerk in gryserige groene.


En terwyl ek so sit en hekel,  bedink  ek al reeds die volgende een, diĆ© keer een in bloue en pienke...




1 opmerking: